Skadu Oor Die Sonwyser by Kobus Lombard (Paperback, 2016)

BOOKS etc. (522568)
99.5% positive Feedback
Price:
£10.08
Free postage
Estimated delivery Thu, 22 May - Thu, 29 May
Returns:
60 days return. Buyer pays for return postage. If you use an eBay delivery label, it will be deducted from your refund amount.
Condition:
New
Skadu Oor Die Sonwyser Author(s): Kobus Lombard. ISBN-13: 9781485303022, 978-1485303022. Format: Paperback.

About this product

Product Information

Kobus Lombard se vierde digbundel word gekenmerk deur 'n sterk gevoel vir plek. Soos te verwagte is daar verwysings na bekende plekke in Namibie, soos Gobabis, Rundu, Swakopmund, die stad Windhoek, die Kavango- en Nossobrivier, die woestyn en die seekus van die dood. Selfs in gedigte waar daar geen duidelike verwysings na die Namibiese landskap is nie, bly die leser bewus van die wye en dikwels ongenaakbare landskap wat die agtergrond vir die meeste gedigte vorm, soos in Ylblou berg : ...word hy bruin en ruig begroei/met swart voels wat sirkel/teen die grynslag van sy kranse . Hierteenoor is daar in baie gedigte ook sprake van kleiner, intiemer en mensliker ruimtes: 'n strandhuis, die binneruimte van 'n kerk, museums, restaurante, selfs grafte en 'n klerekas. Met sowel die groter as die intiemer ruimtes tree die digter in gesprek. Dit is opmerklik hoe dikwels die aanspreek van plekke, mense en dinge die inslag van die gedigte vorm, asof die digter homself gedurig in verhouding met die ander stel en in die gedig hierdie verhouding wil verken en peil. Verweef met die menslike verhoudings is ook die verhouding met die verlede, met sy eie kinderjare en 'n verbygegane plattelandse lewe, wat nooit geromantiseer word nie, maar met 'n effens ironiese toon opgeroep word, soos in die gedig Gobabis , waar die verval van die dorpie so geteken word: die stof hang 'n kring om die sweet van jou tiervelhoed/die vensters van jou oe is gebreek/jou mure skilfer soos oumensvel . Die digter kyk ook ewe ironies na menslike gedrag in verskillende kontekste: kerkgangers, besoekers aan restaurante, die beheptheid met fiksheid, die verandering van straatname en selfs sy eie skryfpogings. Oor al hierdie dinge en verskynsels val die skaduwee van die sonwyser, en word die leser vroeg reeds bewus van die verbygaan van tyd sodat sekere dinge onafgehandel moet bly ( Ongevra ) en die onvermoe om te behou of te bestendig: vergeefs soek ons taal/wat ruik na vars hopies grond/om ons verliese te begrawe .

Product Identifiers

PublisherProtea Boekhuis
ISBN-139781485303022
eBay Product ID (ePID)225551199

Product Key Features

Book TitleSkadu Oor Die Sonwyser
AuthorKobus Lombard
FormatPaperback
LanguageAfrikaans
TopicPoetry
Publication Year2016
Number of Pages88 Pages

Dimensions

Item Height213mm
Item Width137mm
Item Weight110g

Additional Product Features

Title_AuthorKobus Lombard
Country/Region of ManufactureSouth Africa

All listings for this product

Buy it now
Any condition
New
Pre-owned
No ratings or reviews yet
Be the first to write a review